Gedagte vir die dag: Aardjie na sy vaartjie

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. (Matt 5:9)

Hoekom sal vredemakers kinders van God genoem word? Want hulle aard na God. Dit is presies wie God is. In Matteus 5:44-45 sê Jesus: “Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.”

Dit is hoe jy kinders van die wêreld (die duiwel) en kinders van God kan uitken. Na wie aard hulle? Wie se begeertes vervul hulle? Is hulle vredemakers of vredestelers? Bou hulle verhoudings of vernietig hulle ver houdings? Vergewe hulle of verbitter hulle? Wie se natuur stel hulle ten toon? Beskut hulle of verjaag hulle? Op die kinders van God rus daar ’n lieflike seën, maar op die kinders van die wêreld rus daar ’n skreiende vloek.

As jy hierdie woorde ernstig opneem, neem jy God ernstig op. God die Vader maak nie terroriste groot nie – ook nie emosionele en geestelike terroriste nie. Hy is die Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.