Gedagte vir die dag: Abba Vader is met jou

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle  het  ontvang  die  Gees  van  aanneming  tot  kinders,  deur  wie  ons  roep: Abba,Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.  (Romeine 8:15-16)         

“Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie” (vers  1). Die Heilige Gees oortuig jou van sonde, maar Hy veroordeel jou nie. Dis die duiwel wat jou veroordeel en wil verniel. Jesus, aan die ander kant, wil  jou  opbou  en  verhoog.  Dus, as jy vandag deur beproewing  gaan,  moenie onmiddellik  aanneem  dat  daar  sonde  in  jou  lewe  is  nie.  Waar staan dit in die Bybel? Luister na my, as jy deur moeilike tye gaan, gaan sit gerus aan sy voete en  sê:  “Here, as daar  enigiets  verkeerd in my lewe  is,  wys dit asseblief vir my sodat ek dit voor U kan bely. Wys my, sodat ek kan voortgaan saam met U.”

Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is dit dikwels juis dan wanneer jy ’n sterk getuie vir die ongelowige kan wees: jou buurman, jou kollega of ’n goeie vriend  of  vriendin.  As dit met jou goed  gaan, kan hulle sê dat jy die Here slegs dien omdat alles in jou lewe perfek is. Maar as jy Hom getrou dien, ook in die slegte tye, sal dit vir hulle ’n boodskap stuur.

Dit is presies wat met Job gebeur het. Hy is getoets, en hy het nie gefaal nie. Die duiwel het vir God gesê dat dit maklik is vir Job om Hom te aanbid, want hy is ’n ryk boer en het ’n pragtige familie. Neem dit  alles weg van hom en kyk wat gebeur. Wat het gebeur? Job het ferm gestaan. Hy het gesê: “Kyk, al wil Hy my ombring  –  ek hoop op Hom” (Job 13:15). Die Here was saam met Job en vir hom was die einde beter as die begin.  Job was voorspoedig en alles wat God van hom weggeneem het,  het Hy dubbel soveel teruggegee.  Wat jy ook al vandag deurgaan, moenie toelaat dat die vyand jou fokus wegneem van die Here, jou God, af nie. Hy het jou lief en Hy wil net die beste vir jou hê. Jy is sy kind en jy kan na Hom uitroep: “Abba Vader!”

My Vader, ek kom vandag na U toe en ek kniel voor u voete. Here, ek is moeg, ek is uitgeput, en ek het nodig dat U my spesiaal aanraak.  Abba Vader, plaas u sterk arms om my.  Wys my op ’n nuwe manier dat U my liefhet. Help my om sterk te bly, en vul my met u krag en moed.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.