Gedagte vir die dag: Absolute getrouheid

Blomme_Veld_Berge_ReintDykema.jpg

Foto: Reint Dykema

As God die gras van die veld, wat van dag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges! Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee. (Luk 12:28, 31)

Jesus berispe die mense as kleingelowig omdat hulle twyfel of God regtig getrou aan hulle sal wees. Hierdie twyfel manifesteer dikwels as vrese. Gaan ons genoeg hê? Gaan ons dit betyds hê? Gaan ons beskut wees? Gaan God by ons wees?

Hy sê: “God sorg in groot besonderhede vir die mees basiese dinge in die lewe soos die gras. Dink julle regtig Hy sal vir die gras sorg, maar nie vir julle wat sy kroonskepping is nie? Dink julle regtig só min van God se karakter? Natuurlik sal Hy vir julle sorg! Sorg julle net dat julle by Hom bly. Julle moet minder besorg wees oor die dag van môre en meer besorg daaroor wees om God se wil te doen.”

Vader, wat ’n vertroosting is Jesus se woorde! Ek bely nou hier hardop dat U absoluut getrou is in u sorg vir my. Mag ek dit nooit vergeet nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.