Gedagte vir die dag: Agter is soms die regte plek om te wees

 kaapsehoop-M-Wilde-perde-op-die-groot-pad-is-n-gereelde-gesig-en-motoriste-moet-versigtig-ry.jpg

Foto: Marianne Styan

Die belangrikste een onder julle moet wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos een wat dien. (Lukas 22:26)

”Ons is agter.” Dit hoor studente en skoliere gereeld; kerkmense ook! Wel, dan moet ons opvang, by kom en selfs voor kom. Die immer gewilde vraag is hoe doen ons dit. Dalk is ’n beter vraag: Hoekom doen ons dit?

Is voor-wees ’n doel opsigself? Wat beteken dit om voor te wees? Ek weet nie wat dit in ander kringe beteken nie, maar vir Jesus beteken voor-wees dat jy agter inval en almal rondom jou in sy kring dien. Voor-wees is nie vir Jesus om te hardloop vir die beste plek in die ry nie. As jy heeltyd vir voorste plekke hardloop en veg, gaan dit in elk geval net oor jouself. Dan gaan jy gedurig met ander mense meeding. Dan gaan jy jaloers wees as hulle voor jou inskuif.

Vir Jesus behaal jy die eerste plek wanneer jy jouself vergeet, minder op jou eie behoeftes ingestel is en wanneer jy ander mense tot ’n lewende seën is.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Baie mooi boodskap. Die foto by die berig is geneem by Kaapsehoop MPA, hierdie is wilde perde, die dorp beskik oor ‘n mooi kerk wat elke Sondag om 09h00 ‘n diens het. Die uitsig binne die kerk is asemrowend met ‘n groot venster wat uitkyk op die natuurskoon. Dit skep die wonderlikste omstandighede vir ‘n kerk diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.