Gedagte vir die dag: Alleen om te bid

sonsopkoms-man-wat-bid

Foto: living365withjesus.wordpress.com

Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. (Markus 1:35)

Kom ons kyk na enkele grepe uit Jesus se manier van lewe. Waarop het Hy gefokus? Wat was vir Hom die heel belangrikste? In Markus 1:35 word ons bekend gestel aan een van Jesus se heel belangrikste aktiwiteite, naamlik om stil te word voor God. Die Seun van God soek sy Vader se teenwoordigheid op. Dit was nie sommerso ʼn skietgebedjie in die gewone gang van sake nie. Ná ʼn baie besige dag en aand het Jesus die volgende oggend nog voor ligdag opgestaan om iewers alleen te gaan bid. Gebed was vir Hom lewensbelangrik. Ons vind dit ook by ander geleenthede.

Waarom was dit vir die Seun van God nodig om te bid? Gebed is bo alle ander dinge ʼn uitdrukking van gemeenskap. Hy het sy Vader liefgehad en wou graag met Hom in gemeenskap verkeer. Alleen by ʼn eensame plek. Net Hy en sy Vader.

Dalk is hierdie eerste les wat ons in die Markusevangelie van Jesus leer een van die heel belangrikste lesse. Om selfs te midde van die drukste program gebed, gemeenskap met God, as een van die heel belangrikste prioriteite te reken.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

Ek ondervind oor die laaste paar maande, dat die stilte metafories is vir my. Dit gaan nie oor doodse stilte nie, maar oor fokus. Soos mens iemand in die oe kyk as julle gesels. Fokus op die gesprek met God. Wees 100% getrou aan die oomblik met 100% respek en wees 100% bewus van die roette van die gesprek.
Dit gaan dalk verregaande klink, maar oor die laaste paar maande is die antwoorde op wat ek vir God gevra het so duidelik soos daglig. Dis soos ‘n kind wat vir sy ouers direk iets vra en ‘n antwoord kry.

Genieve ·

Dankie vir Gebed. Gebed het die vermoee om verandering te bring , die Here beantwoord dit.In stil wees le ons kragte.

Mien ·

My dagboek by die werk se kort gedagte vir die dag by 7 Maart “Lawaaierige mense hoor nie as God praat nie.” Hy het vandag seker gemaak dat ek dit hoor !

Pippa ·

God wil he ons moet met Hom kommunikeer in gebed soos ons met enige ander mens op aarde kommunikeer….en Hy luister en antwoord. Dankie God. Ek prys U daarvoor.

Pippa ·

God is available 24/7/365 through prayer. Thank you God we praise Your name. AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.