Gedagte vir die dag: Alles

 Stiltetyd-21.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Jesus het gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik!” (Matteus 19:26)

As God in staat is om die wêreld te skep en elke siel los te koop, is daar tog sekerlik niks wat vir Hom té moeilik kan wees nie!

Alles is moontlik by God. Hierdie God wat alles kan doen, is ’n God wat jou liefhet en wat vir jou deur sy Seun ’n weg gebaan het om Hom te ken, te hoor en sy hand in jou lewe te ervaar.

Dít is die God wat jy dien. Hy wil Homself aan jou openbaar. Hy sou jou nie beveel om tot Hom te bid, om Hom dinge te vra, as Hy nie van plan was om te reageer nie. Daarom kan jy met vertroue na die Here toe gaan.

Gaan met vertroue na Hom en gaan met nederigheid na Hom. Nederigheid omdat jy die almagtige God nader. Hy hoor jou alreeds.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.