Gedagte vir die dag: Alles nuut

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy wat op die troon sit, het toe gesê: “Kyk, Ek maak alle dinge nuut. Teken dit aan, want hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar.” (Openbaring 21:5)

In Jesaja 11:1-10 lees ons van die Messias se missie op aarde: “Hy sal die armes en verdruktes beskerm. Teen die bose mense sal hy optree en met die asem van sy mond hulle om die lewe bring” (v. 4). Hy sal “’n vlag opsteek wat vir die hele wêreld redding sal bring” en “die land waar hy bly, sal ’n heerlike plek wees” (v. 10). Dit sal nie “daar bo” in ’n verafgeleë hemel gebeur nie, maar “hier onder” op aarde.

God hou sy beloftes, Hy verbreek nie een daarvan nie. Let daarop hoe Jesus sy belofte voltooi: “Hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar.” Dit is soos om te sê: “Johannes, hierdie woorde is heeltemal waar; Ek sal my lewe op die spel plaas daarvoor. Trouens, Ek het reeds.”

Hierdie is die woorde van Koning Jesus. Glo dit..

Christus sal deur sy dood die mag van die dood oorwin, die angel van die eerste dood vernietig en die tweede dood verhoed. – John Wesley

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae