Gedagte vir die dag: Alles nuut

See-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Ek gaan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie. Wees bly, en jubel sonder ophou oor wat Ek gaan skep: Ek gaan ’n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreug de hê. (Jes 65:17-18)

Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” (Op 21:5)

Wanneer daar in die Bybel van die “ou dinge” gepraat word, gaan dit hoofsaaklik oor die dinge wat met ’n sondi ge bedeling te make het. Dit kom baie treffend na vore in 2 Korintiërs 5:17-18: “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God.” Heel eerste dan: ’n Christen is ’n nuwe mens! Dit is mos wat weergeboorte beteken. En let op: hierdie vernuwing is die werk van God, net Hy kan ’n mens nuut maak. ’n Mens kan jou self tog nie laat gebore word nie.

Maar daar is ’n ander vernuwing wat net God kan doen. Dit word reeds in Jesaja beskryf as die nuwe hemel en nuwe aarde. Presies hoe dit gaan wees, weet ons nie. Dis ’n geheimenis waarop ons opgewonde wag. Want wat ons weet, gee vir ons genoeg rede om opgewonde te raak. Dit gaan ’n tyd inlui waar daar geen hartseer, lyding of dood sal wees nie. En soos die teks hierbo sê, gaan dit ’n tyd van groot vreugde wees. Die tragiese en hartseer gevolge van die sondeval gaan fi naal daarmee heen wees. En dít kan net God doen. Lees gerus Openbaring 21:1-8 om net so ’n klein stukkie voorskou te kry van die dag wanneer alles nuut sal wees!

Net God kan alles nuut maak.

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Dankie vir die voorreg en genade om deel te wees van God se liefde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.