Gedagte vir die dag: Alles ten goede

agent-vir-God

Argieffoto.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Romeine 8:28)

Josef se broers het hom so gehaat dat hulle hom aan Midianitiese slawe­handelaars wat op pad was Egipte toe, verkoop het. Die reis was verskrik­lik, want hulle sou hom vasgemaak het en net genoeg kos en water gegee het om hom aan die lewe te hou. Josef het seker heelpad aan sy pa gedink en aan die smart wat sy broers hul pa aangedoen het. Hy was seker hy sal sterf. Vir maande het hy niemand gehad om mee te praat nie, net God. Maar God het hom bewaar. Al het hy swaargekry, het dit altyd weer beter gegaan en het Josef nie teen God gedraai nie.

Toe Potifar se vrou hom wou verlei, het hy haar weggestoot met die woorde: ‘Hoe kan ek so ’n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen my God sondig!’ (Gen 39:9). Deur al sy probleme heen het sy geloof gegroei. Terwyl Josef in die tronk was, was die Here by hom en het Hy Josef sy troue liefde laat ondervind sodat die tronkbewaarder hom goedgesind was.

Die Here God het ’n plan met Josef se lewe gehad – ’n plan wat ’n hele nasie ingesluit het en by die kruis op Golgota geëindig het. Josef kon mense se drome uitlê, maar hy kon nie voorspel dat hy onderkoning van Egipte sou word, hy en sy broers die twaalf stamme van Israel sou verteenwoordig, hulle ’n groot nasie sou wees en dat Jesus, die Verlosser van die mensdom uit Israel gebore sou word nie. Nogtans het hy God geprys.

Die farao het Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, vir Josef as vrou gegee en sy het vir hom twee seuns in die wêreld gebring. Hy het hulle Manasse en Efraim genoem, omdat God hom sy swaarkry laat vergeet het en vrugbaar gemaak het (lees Genesis 41:51–52).

Here, as ek na Josef se geskiedenis kyk, besef ek dat U in u almag ook my lewe beplan.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Ja, ons kan omtrent by Josef baie leer. Hy het vir jare dit moeilik gehad, maar tog het hy deur alles aan die Here vasgehou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.