Gedagte vir die dag: Alles ten goede?

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Romeine 8:28) – Bybel in Afrikaans 1983/1992

Oor hierdie teksvers is daar al baie gefrons, geredeneer en selfs gewroeg. Dit het vir mense wat in die een of ander ellende vasgevang is na gruis tussen die tande gevoel wanneer hulle deur welmenende vriende met dié teks “bemoedig” word. Hoe is dit tog moontlik dat my ondraaglike omstandighede goeie gevolge kan hê?

Mense verstaan die teks baie keer verkeerd. Hulle meen dit beteken dat God die slegte omstandighede oor jou pad bring om daarmee jou lewe te verbeter. Wat die teks egter wil sê, is dat God alles in jou lewe gebruik om uiteindelik ’n goeie doel te bereik.

Dis soos wanneer ’n kleuter hoor dat die dokter se inspuiting hom gesond gaan maak. Die vrees vir die inspuiting (dit gaan mos seer wees!) is op daardie oomblik veel groter as die moontlike goeie gevolge daarvan.

Dit gaan oor daardie woordjie “meewerk”. Die sleg te omstandighede raak deel van God se gereedskap om vir my en jou ’n beter lewe te skep. As ons weet dat ons deur God geroep is, dat Hy sy hand op ons gelê het, vir ons gesê het “Jy is Myne”, kan ons gerus die slegte omstandighede sien as deel van ons skoling as dissipels van Jesus.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries ·

Dis so waar! Hoe meer mens deur die negatiewe gebeure in mens se lewe kyk en aan die anderkant Jesus raaksien, hoe meer vrede saal daar in jou hart kom. Die problem wat ons in die lewe ervaar weeg nie op teen die bruisende lewensvreugde wat ons eendag vir ewig gaan ervaar nie. Dis menslik, niemand hou daarvan ass iets sleg met hom/haar gebeur nie, maar ons moet realisties wees, ons leef in ‘n gebroke wêreld. Daar sal egter ‘n einde aan al die hartseer kom.

Mien ·

My lewensfilosofie is dat daar saam met al die slegte goed wat op ‘n mens se lewenspad kom, ook goeie goed gebeur. Genade onbeskryflik groot.

Thys ·

Leef meer in die Gees en as die Vlees oor my pad kom is dit baie makliker om terug te beweeg on die Geed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.