Gedagte vir die dag: Altyd by jou

 reenboog-dor-landskap-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons. (Matteus 1:23)

Die profeet Jesaja voorspel dat God vir sy volk ’n teken sal gee: ’n maagd sal eendag geboorte gee aan ’n seun. Hierdie seun se naam sal Immanuel wees. Dit beteken God by ons. Dit is Hy wat sy volk van hulle sonde sal verlos (vgl. Jes. 7:14).

Op die eerste Kersfees word hierdie voorspelling waar. Jesus word uit ’n maagd gebore. Met die geboorte van Jesus wil God vir jou kom sê dat Hy vir altyd by jou wil wees.

In Getsemane verlaat God sy Seun in die uur van sy grootste nood sodat jy nooit weer sonder Hom hoef te wees nie. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.