Gedagte vir die dag: Altyd getrou

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel. (1 Korintiërs 1:9)

Toe God voor Moses verby beweeg het, het Hy Homself geïdentifiseer as lojaal en getrou (Eksodus 34:6). Jesus word die “Getroue en Betroubare” genoem (Openbaring 19:11). Selfs wanneer die lewe nie volgens plan verloop nie, bly Jesus getrou en werk dinge vir ons eie beswil uit.

Paulus herinner ons: “As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees?” Inderdaad, absoluut niks in die lewe “sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie” (Romeine 8:31, 39).

John MacDuff het geskryf: “Ander was dalk al onbetroubaar – mense het jou dalk al in die steek gelaat – mense het dalk uit jou lewe verdwyn – maar het Christus jou al ooit in die steek gelaat?”

Terwyl ons die pad saam met Christus loop, sal ons kan terugkyk en met sekerheid sien dat Jesus absoluut getrou was.

Wees verseker, as jy die pad saam met Jesus stap en op Hom vertrou en van Hom af hulp verwag, sal Hy jou nooit in die steek laat nie. – George Müller

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here van genade dat ek 100% op U, my God kan vertrou vir die lewe nou en die hiernamaals

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.