Gedagte vir die dag: Altyd kop bo water             

see_rotse_hemel_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie (Matteus 16:18)

Om jou lewe vir Jesus te leef kan gevaarlik lyk. As ons na ons lewe kyk soos ander mense dalk daarna kyk – mense wat nie vir Jesus ken nie en nie op Hom vertrou en in Hom glo soos ons nie – kan dit lyk of ons die pad effens byster geraak het. Hoekom sou ons immers ’n groot deel van ons inkomste weggee wanneer ons self swaarkry? Hoekom sou ons onsself en ons gesin in gevaar stel deur na gevaarlike dele van die wêreld te reis om vir vyandiggesinde mense van God se liefde te vertel? Hoekom sou ons nee sê vir seks nou en wag vir seks later?

Mense kan dalk spot en sê die Christelike geloof is ’n sinkende skip in stagnante water, maar dit is glad nie waar nie. Vir die kerk lê die wêreld aan die buiterand, nie andersom nie. Die storm woed buite ons boot, nie daarin nie. God belowe om vir ons te voorsien en ons te beskerm. Hy het die see gemaak en Hy hou dit onder sy beheer. As jy Hom jou belangrikste prioriteit maak (Matt. 6:33), kan jy enige oseaan aandurf, met groot verwagting en groot vrede.

Jesus het sy goedkeuring aan sy kerk gegee en die voortbestaan daarvan gewaarborg. Hy het die kerk die enigste skip gemaak wat die waarborg dra dat dit nooit sal sink nie. As jy in ’n skip saam met Jesus is, sal jy die storm oorleef.

Jesus, dankie dat U my en elke molekuul en meteoriet in u hand vashou. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.