Gedagte vir die dag: Arms vol geluk!

 blom-sonsondergang-plaas-eyecandydesighz.jpg

Foto: eyecandydesighz/pixabay.com

U gee arms vol geluk vir mense wat U liefhet, Here. U omring hulle met liefde. (Psalm 5:13b, Die Boodskap)  

The glory of God is a Human being fully alive, het Irenaeus geskryf. Kom ons dink vandag hieroor en vra:

  • Leef jy met oorgawe die mens wat jý is?
  • Voel dit vir jou of daar ’n bruisende krag van liefde in jou is?
  • Ervaar jy dat jy, ondanks jou omstandighede, werklik diepe vreugde ervaar?

Ek dink min van ons sal elke dag met oortuiging “ja!” hierop antwoord. Daar is eenvoudig net te veel menslike dinge wat op verskillende vlakke ons lewensvreugde kom steel. Psalm 5 sê so duidelik dat ons liefdevolle Vader geluk ruimskoots uitdeel vir dié wat Hom liefhet. Hy bied dus ’n oorvloed vreugde vir ons – ongeag ons omstandighede. Dis óns wat dit miskyk omdat ons vaskyk teen die pyn, ongemak, onsekerheid en/of bekommernis. Ons kyk af en om ons in plaas van boontoe. In plaas van binne-toe. Na die plek waar Hy ís. Altyd!

Ware vreugde is om, ten spyte van wat ook al, die geskenk van sý teenwoordigheid in ons lewe met oop arms te ontvang.

Op hierdie oomblik ontvang ek die geluk wat U gee met kinderlike dankbaarheid.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.