Gedagte vir die dag: Arresteer die indringer!

Clarens_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. (Matt 6:10)

Daar is nogal ‘n reuse verskil tussen Jesus se dissipels en die wêreld. Die wêreld wil sy eie ding doen, soos hy wil, wanneer hy wil, en dit aanvaar geen outoriteit behalwe homself nie.

Dissipels bid vir die outoriteit van God. Hulle kan aan geen beter wêreld dink as die een waar God Koning is nie. Hulle kan aan geen beter lot dink as dat die wil van God op aarde geskied nie. Dit is die Satan en sy volgelinge se absolute nagmerrie! Die hoop van die kerk van Jesus Christus is die verskrikking van die wêreld.

Dissipels wil geen ander lewe leef as die een wat aan God se wil onderwerp is nie. Dit maak hulle onmiskenbaar kinders van die lig.

Enige neiging in ons lewens wat die wil van God weerstaan, is ons vyandiggesind. Neem dit gevange en bring dit voor die Koning. Daar is geen lewe buite God se wil nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.