Gedagte vir die dag: As emosies nie saamspeel

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

As emosies nie saamspeel in ons verhouding met God nie

Daar is die tye wanneer jy voel dat die Here ver is, jy nie goed genoeg vir Hom is nie, Hy jou nie hoor nie, jy alleen om oorlewing spartel, jy ’n teleurstelling is of jy ly sonder om hulp te kry.

Emosies kan ’n groot seën wees, maar ook ’n groot vloek, want dit kan ons in ’n rigting lei wat wegloop van God se waarheid. Ons is geneig om God se Woord ondergeskik te stel aan ons emosies. Ons voel soms of ons van Jesus verwyder is omdat ons emosies dit dikteer. Die wonderlike ding is dat ons emosies by Jesus sal inval wanneer ons aan Hom getrou bly.

Die paaie van die Here is goedheid en trou vir dié wat getrou is aan die bepalings van sy verbond. (Psalm 25:10)

Mag opregtheid en eerlikheid my beskerm, want ek wag op U. (Psalm 25:21)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.