Gedagte vir die dag: En as God dan nêrens te sien is nie?

Arend_Stiltetyd.jpg

Foto: Jannie Oosthuizen

Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (Psalm 121:7-8)

Die skrywer van Psalm 121 spring weg met ’n krisis in sy lewe: Hier is berge om my! Hier skuil wilde diere, hier kruip skelms weg en dit is die plek waar afgode aanbid word. Hier is geen teken van God nie. Miskien was jy ook al op so ’n plek: ’n plek waar God se afwesigheid skynbaar teenwoordig is.

As die skrywer van Psalm 121 vra wie hom sal help in sy oomblik van alleenheid, hoor hy ’n antwoord wat soos iemand se geloofsbelydenis klink: God help! Dit is die Skeppergod wat ’n mens in nood kan help. As Skepper is God die Een wat hierdie berg gemaak het, Hy het die wilde diere gemaak en getem, Hy het selfs die mens gemaak. Die Here is in staat om te help, te red en te beskerm. Die Here help nie net met die reis oor die berg nie, maar al die pad tot by jou eindbestemming. God help oral en altyd. Hy is nie gebonde deur die reëls van ruim te en tyd nie.

Die Here help. Hy is dalk onsienbaar, maar Hy is eg. Hy beskerm, maar Hy neem nie noodwendig die gevare weg nie. Die wilde diere en skelms, die son en maan, alles bly voortbestaan met die gevare wat dit kan inhou en wat kan maak dat ons alleen en godverlate kan voel.

Geloof in God beteken vertroue sonder sekerhede. Ons moet God vertrou vir sy hulp en beskerming, en ons moet Hom vertrou al sien ons Hom nie. Wanneer ons God sou sien, sou ’n mens baie sekerder van God se teenwoordigheid gevoel het. Geloof en vertroue vra dus van ons om op God te vertrou sonder dat ons Hom sien en steeds weet dat Hy regeer en beskerm.

Here, ek wens soms so dat ek U kan sien. Dankie dat U my nogtans troos gee, al kan ek U nie sien nie. Amen

Bron:
Manne van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Antiestabliesment ·

My dogter het my nie lief nie ensy eer my nie ten spyte dat ek haar baie lief het. Sy woon ook nie by my nie en het my nog nooit gesien nie.

Is dit reg as ek haar straf deur haar nie te beskerm teen verkragters of boelies nie? Kan ek haar troetel katjie doodmaak om haar te dwing om my te eer of my lief te hê? Sal dit okay wees om haar te ignoreer wanneer sy my vra vir dinge.

SNEL ·

God is n God van liefde, omgee en sorg. God sê, jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en jou naaste soos jouself. As ons dit doen sou daar geen misdaad gewees het nie, ons het keuses, ons word nie Gedling om God te lies en lief te hê nie. Ons bly in n gebroke wêreld, God het reeds aan die kruis gesterf vir ons sondes, maar dit verander nie die “evil” wêreld waarin ons lewe nie, maar God laat alles ten goede uitwerk vir die WAT HOM LIEF HET. Antiestabliesment, kyk na Ravi Zacharias op YouTube; If God exists, why doesn’t He stop rapist raping, dit sal dit baie mooi vir jou verduidelik, en dan verstaan jy dat ons n God dien wat omgee en ons nie straf of ignoreer soos jy dink nie en n God met n volmaakte plan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.