Gedagte vir die dag: As jy respek verloor …

ou-muur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Priester moet met kennis kan praat, daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is, want hy is ’n boodskapper van die Here die Almagtige. (Maleagi 2:7, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

As jy ’n Leviet was, is jy met respek behandel. Jy was deel van die stam van Levi wat deur God afgesonder is om as priesters te dien. Om hulle hande vir priesterdiens los te maak, het hulle nie ’n gedeelte van die land Kanaän gekry toe dit met die intog verdeel is nie. Hulle kon voltyds werk by die tempel omdat die ander 11 stamme tiendes na die tempel gebring het, wat vir hulle kos en klere voorsien het.

Die oorspronklike Leviete het respek afgedwing (Deut. 33:8-11) deurdat hulle God opreg gedien het. Maar die geslag Leviete in Maleagi se tyd vervul nie daardie opdrag nie. Die priesters se opdrag volgens Maleagi 5-7 is baie wyer as net offerdiens in die tempel, want hul moet eerbied vir God kweek en sy wil verkondig. Hulle voorbeeld moet ’n rolmodel en inspirasie wees (v. 6). Omdat hulle nie hul roeping vervul nie, is hul straf die verlies van hul aansien as Godsmense. Hulle het hul respek verloor en dis deur hulle eie toedoen. Sedert Christus se koms en die tempel se verwoesting, is ons almal nou priesters en eintlik dus Leviete (1 Pet. 2:9).

Hoe sou jy die opdragte van Maleagi 2:5-7 in jou lewe uitleef as rolmodel, aangesien jy ook ’n priester in God se diens is?

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries ·

WAAR is die predikers wat die Bybelse Waarheid moet verkondig dat ons kan vrykom van Kersfees en Ishtar en al die katolieke drek wat die Hervorming misgeloop het?!

Yvonne ·

Andries hoe nou?? Ons is die hande en voete van Jesus Christus

Yvonne ·

Dankie Here dat U liefde altyd seevier….aan die kruis het U my vrygekoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.