Gedagte vir die dag: As ons nie vry wíl wees nie

ATTACHMENT DETAILS deur_slot_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. (Psalms 32:3)

Jesus kan en sal ons waarlik vrymaak as ons vry wíl wees. Soms wil ons nie regtig vry wees nie. Ons kom op ’n punt waar ons erken iets is sonde in ons lewe, ons geniet dit en wil dit nie los nie. Ons weet dit beskadig ons verhouding met die Here, maar kan nie so ver kom om Hom te vra om ons daarvan te verlos nie. Miskien het ons al daaroor gebid, maar het reeds besluit ons wil nie regtig vry wees nie. Hoekom is daar sondes waarvan mense nie vry wil wees nie? Daar kan verskeie redes wees, maar ek gaan twee uitsonder:

  1. Dié sonde laat jou veilig voel. Dis soos ’n vertrooster vir jou en elke keer as jy deur mislukking of sukses bedreig voel, vlug jy na jou troos toe.
  2. ’n Ander sonde kan jou daartoe verbind. Bitterheid het ’n gewoonte om ’n swetterjoel ander sondes te versamel soos woede, sarkasme en wreedheid.

Ons bid vir verlossing van ons woede, maar as die versoeking hom voordoen, gee ons in, want bitterheid beheer ons binnelewe. Sonde is soos ’n kankergroeisel wat verhoed dat ons behoorlik ontwikkel en funksioneer.

As ons besef ons wil nie van hierdie sonde afstand doen nie, moet ons erken dat die regte en eintlike sonde wat chaos saai, ons verset teen die lewende God is. As ons nie rebels was nie, het ons ingestem en Hom gehoorsaam. Ons innerlike rebellie teen God is ons grootste vyand.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

chris ·

Ek as sondaar kan hiervan getuig . Ek probeer so hard om van my sonde weg te kom, maar as ek my kan kry val ek terug daarna. Soms laat dit my veilig voel en vergeet ek vir ‘n oomblik van alles wat my hartseer maak. Maar môre is die hartseer en verlange maar weer daar. Ek smeek U ons Vader om my nou te verlos van my sonde .Amen

Maria ·

Amen! Sowaar dit die waarheid dit waar die mense deur gaan en was self daardeur en EK ERKEN dit vergewe my Vader! Dankie vir 2de kans!

Ella ·

Wat noem mens ‘n oorgewig persoon wat ‘n straatkind met dun verslete klere wat bedel vir ‘n stukkie kos in die koue aansê om al haar sakke vol kruideniersware in haar luukse kar te pak voor sy hom soos ‘n hond van haar kar af wegjaag wanneer hy klaar is? Is daar hoop dat so ‘n harde hart verander kan word? Ek het dit gisteraand by ‘n winkel gesien gebeur en my hart is nou nog seer daaroor. Is dit sonde om kwaad te wees daaroor hier binne my?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.