Gedagte vir die dag: As ons vry wil wees

Argieffoto

Argieffoto

Jesus kan en sal ons waarlik vrymaak as ons vry wil wees. Soms wil ons nie regtig vry wees nie. Ons bid vir verlossing, maar as die versoeking hom voordoen, gee ons in. Ons innerlike rebellie teen God is ons grootste vyand. Bely jou rebellie en sien hoe sonde sy krag oor jou lewe verloor.

Ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. (Psalm 32:5)

 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. (Romeine 10:9)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.