Maak vir julle skatte in die hemel by mekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. (Matt 6:20)
Hier is Gód se alternatief. Hemelse skatte kan nie verouder, verniel of gesteel word nie. Dit hou alle beloftes in vir liefdevolle, vervullende verhoudings en ewig durende lewe en vreugde. (Dis ʼn donker dag as ’n mens dink aard se skatte kan dít bewerkstellig!)
Net soos dit toewyding en harde werk verg om aardse skatte te versamel, net so verg dit toewyding en ywer om hemelse skatte te versamel. Dis ʼn lewenswyse van gehoorsaamheid aan Christus en aanbidding van God.
Die heerlikheid en waarde van hemelse skatte is onberekenbaar. Sal ’n mens toegewy wees aan die aardse, maar die hemelse versaak? Kan daar ʼn dwaser lewensuitkyk wees? Hemelse skatte is nie net “eendag” waardevol nie, maar het beduidende dividende in hierdie lewe.
Here Jesus, ek leef in ʼn wêreld wat net één soort skat ken – dié wat deur roes verniel en deur diewe gesteel kan word. Ek ken feitlik niks anders nie. Open asseblief my oë om die hemelse raak te sien!
Mail asb gedagte van die dag vir my.