Gedagte vir die dag:  Begin met aanbidding

Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien. (Matteus 4:10)

Die leraar van ’n groot kerk in Suid-Korea is ’n man wat die grootste deel van sy lewe op sy knieë deurbring. Hy staan elke oggend op en bid vir twee tot drie ure. Hierdie man is ’n nederige man, ’n kragtige prediker van die evangelie en een wat God in sy gesin en in sy bediening geseën het. Hy word nie net in Korea gerespekteer en hooggeag nie, maar oor die hele wêreld heen. Wanneer jy met hom praat, is dit duidelik dat hy die Een van wie hy praat baie goed ken, want hy buig elke dag voor God om Hom te aanbid en by Hom te leer.

Die beste manier om ’n dag te begin, is op jou knieë in aanbidding voor God wat in die eerste plek vir jou dié dag gegee het.

Here, ons bid dat ons aanbidding U sal verheug, want U is ons lof waardig. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lena Jonk ·

Om oggende en saans te bid is uiters belangrik. Wees danbaar vir dag wat verby is en bid vir dag wat kom. Behou Geloof en moet onder geen omstandighede afwyk nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.