Gedagte vir die dag: Belê in hemelse dinge

man_sonsopkoms_dink_denker_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd. (2 Korintiërs 4:18)

Moenie te gemaklik raak in hierdie wêreld nie. Jou verblyf is net tydelik, jy is net ’n reisiger in ’n vreemde land. Hierdie wêreld sal nie vir ewig bestaan nie; jy gaan na jou huis in die hemel. “Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan” (1 Korintiërs 4:17).

Sommige mense belê heeltemal te veel in tydelike wonings wat op die meeste enkele dekades sal hou. Hier die is net ’n fraksie van die tyd in vergelyking met die ewigheid wat op ons wag. Begin belê in jou hemelse tuiste deur tyd saam met God deur te bring, dieper en dieper in sy weë te beweeg en aan jou verhouding met Hom te bou. Hou aan om God te soek deur gebed en vas. Vind maniere om God te dien en die evangelie te verkondig. Heroorweeg jou prioriteite; maak seker dat hulle in orde is: God eerste, dan jou eggenoot, dan jou kinders en dan die res. Dit is hoe jy in die hemelse dinge belê.

Vader God, dankie dat U my weer aan my prioriteite herinner het. Ek wil ewige beleggings maak. Hou my asseblief gefokus op U en die dinge van u koninkryk omdat ek weet hierdie wêreld is net tydelik. U is my sterkte en my erfdeel tot in ewigheid. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Liewe God en Vader baie dankie vir die reën wat geval het hier in Pretoria, mag dit uit U genade reg oor die land reën. Amen

neelsie ·

Moenie toelaat dat die materialisme van die wereld jou aandag aftrek van God nie.
Leef eenvoudiger en nader aan God.

Daan ·

Hierdie lewe is ‘n sandkorreltjie teen die Mount Everest van die ewigheid.En Everest is minder as ‘n sekond lank.Onthou ook,mens kan nie jou geld saamvat hemel toe nie maar jy kan dit vooruit stuur deur dit hier in God se Koninkryk te belê

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.