Gedagte vir die dag: Beloftes vervul      

berg_wolke_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredesverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet. (Jes 54:10)         

Abraham en Sara kon nie kinders hê nie en God het vir hulle die pragtigste seuntjie, Isak, gegee. Hanna kon nie kinders hê nie en God het vir haar ’n seun gegee wat sy Samuel genoem het. Elisabet en Sagaria kon nie kinders hê nie en God het vir hulle ’n seun gegee, Johannes die Doper. Natuurlik het God sy enigste Seun, Jesus Christus, deur die maagd Maria vir ons gegee.

Sien jy die prestasies van die verlede waarvan ek praat? Op wie kan jy vertrou? Net op God. Hy is die getroue en betroubare God.

Sommige van ons het slegte ervarings in die verlede gehad toe mense op wie ons vertrou het en in wie ons geglo het, ons in die steek gelaat het. Dit is egter geen rede om te glo dat Jesus ons in die steek sal laat nie.

Daar is nie een belofte in die Woord van God wat nog nie vervul is of wat nie in die toekoms vervul sal word nie.

“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb 13:8). Óf jy vertrou op Hom óf jy vertrou op jou eie vermoëns. As jy op jouself vertrou, sal jy misluk. Vertrou daarom op die Here Jesus Christus, want Hy kan waarlik vertrou word. Werp al jou bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir jou (1 Pet 5:7).

Here Jesus, ek bring vir U my vreugde en my hartseer, my suksesse en my mislukkings. Ek loof en aanbid U vandag omdat U getrou en betroubaar is en omdat u liefde onwankelbaar is.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Andersen ·

Die skrifgedeelte resoneer pragtig met Psalm 46. ‘n Vaste Burg is onse GOD! En dit word deur GOD se volk al vir bykans 3000 jaar gesing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.