Gedagte vir die dag: Belydenis

woestyn_voetspore_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Van Jesus getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang. (Handelinge 10:43)

Wanneer jy jou sonde bely, stem jy saam met God dat iets wat verkeerd is, reggestel moet word en dat ’n gebroke verhouding herstel moet word. Belydenis is om jou sonde voor God te erken sodat Hy jou kan vergewe. Sonde bring skeiding tussen jou en God; belydenis dra jou begeerte oor om hierdie skeiding reg te stel. God belowe dat elkeen wat sy sonde voor Hom bely, vergewe sal word. Dit gee jou die vryheid om in ’n naby verhouding te staan met die almagtige God.

Hoe kan jou lewe verander as jy jou sonde voor God bely en sy vergifnis ervaar? Kan jy jou ’n naby verhouding met die God van die heelal voorstel?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.