Gedagte vir die dag: Belydenissessie

hande-02-pexels

Foto: Pexels.com

Julle moet julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking. (Jakobus 5:16)

Dis soms vir my, jou en almal nodig om ons sondes teenoor ander mense te bely. Dit beteken nie ons moet ons vuil wasgoed oral ophang sodat almal dit kan sien nie. Dit beteken maar net as ons altyd ons vuil wasgoed in ’n klam bondel in die wasgoedmandjie hou, gaan dit begin sleg ruik. Dawid het die volgende geskryf oor die onaangename gevolge van geheime sonde: “Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun” (Ps. 32:3).

Wanneer jy verstaan hoe belangrik dit is om ’n paar vertrouelinge te hê – jou man, ’n suster of ’n paar goeie vriendinne – teenoor wie jy kan bely, sal jy ’n nuwe soort vryheid in jou lewe verwelkom. Daar lê groot krag daarin om ander te nooi om vir die gebroke areas in jou lewe te bid, en om dieselfde vir hulle te doen. Daar lê groot krag in kwesbaarheid.

Dit sal jou dalk ook verras om uit te vind dit hoef nie skandelik of ongemaklik te wees om jou sondes teenoor ander te bely nie. Dit kan – behoort – ’n natuurlike element van ’n uitmuntende, pragtige verhouding te wees.

Wie vertrou jy om sag te werk met jou hart?

Jesus, help my om dapper genoeg te wees om ander mense in my lewe in te sluit sodat hulle my kan help om meer soos U te word. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.