Gedagte vir die dag: Bemoedig mekaar

mense-op-strand-sonsondergang.jpgPraat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos  julle trouens reeds doen. (1 Tess 5:11)

Ons wil tog almal in ’n verhouding met mense staan waar ons ondersteun word en hoor dat ons iets goeds doen, nie waar nie? Of dit nou in jou huwelik of enige ander verhouding is.

Die lewe gaan dikwels so vinnig verby. Jy wou dalk nog vir jou vrou gesê het sy is so ’n goeie ma, vir ’n vriendin wat haar omgee en liefde vir jou beteken, vir ’n kollega dankie sê vir die ondersteuning. Maar om een of ander rede doen jy dit nie en soms vind jy dat dit vir altyd te laat is. Jy wou dalk ook vir iemand om verskoning vra vir iets wat jy gedoen het, jy wou dalk ’n sonde bely of jou tekortkomings deel, maar jy bly onnodig lank stil.

Moenie jouself in die posisie plaas waar jy met spyt gaan sit nie. Sê wat jy moet sê, maar vra te alle tye God se leiding sodat jy nie ander met jou woorde seermaak nie, maar bemoedig en opbou.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.