Gedagte vir die dag: Beproewings kweek egtheid van geloof

bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel van beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word.  (1 Petrus 1:6, 7)

“Lyding is so sinloos” – so hoor jy dikwels mense reageer op die een of ander ongeneeslike siekte wat mense liggaamlik en geestelik aftakel. Watter sin kan daar tog in lyding wees? Hierdie soort vrae is heeltemal verstaanbaar. Geen mens wil graag ’n dierbare sien pyn verduur en agteruitgaan nie. En ja, ’n mens moet toegee dat daar op die oog af regtig geen sin in lyding kan wees nie. Maar dit gaan oor ’n dieper dimensie. Dit gaan oor die geestelike wins van verlies. Ja, die verlies is vir seker nie speletjies nie. Dit verskeur jou hart om iemand te sien ly. Maar as die verlies, die beproewings, daartoe bydra dat jy in ’n dieper en hegter verhouding met die Here te staan kom, maak dit tog sin.

Die egtheid van mense se geloof kom aan die lig te midde van beproewings. ’n Mens kan geloofveins. Jy kan al die regte geluide maak en die regte dinge doen sonder dat jou hart en siel betrokke is. Maar wanneer jy in beproewing ver keer, word jy gestroop van alle vertoon. Dan is geloof niks anders as ’n hardnekkige vasklou aan die onsienlike God nie.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

amanda ·

baie baie dankie dit is soooo waar…. swaarkry en beproewings is GLAD nie lekker nie…. maar wat ek WEET en ervaar het d afgelope tyd…. wat mens onmoontlik is……. is vir ons Hemelse Vader sooooo MOONTLIK

alle eer aan God!!!!!!

Lena Jonk ·

Ja beproewing veral die dood van geliefde, dan besef jy eers hoe groot God se Genade is, niemand geen mens kan dit verlig nie net ons Almagtige God. Al die lof en eer aan Hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.