Gedagte vir die dag: Berou

man_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vernuwe my gees. (Psalm 51:12)

Wanneer iemand weggedwaal het van God af, en hy keer terug, is dit ’n ervaring wat baie dieselfde is as die oorspronklike bekering. Berou is nodig. Ons het God se genade nodig gehad om in die eerste plek na Christus te gaan en ons het berou nodig om na Hom toe terug te kom. Niemand kan hierdie vernuwing ervaar sonder dieselfde mate van die Heilige Gees se energie wat hy tydens sy bekering ervaar het nie.

As jy swak voel, laat jou swakheid jou dan lei daartoe om om hulp te bid. Pleit by God vir ’n nuwe gees. God gebruik gebed om sy doel te bereik. Bid dus gereeld. Dink na oor God se Woord. Waak teen sonde. Hou aan om die dinge te doen wat jou geestelike lewe voed en hou aan om Dawid se gebed te bid.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Staak saam ·

En Jesus se so moet julle bid, Onse Vader wat in die hemel woon………
In die Onse Vader bid ons ook, vergewe ons, ons sonde net soos ons ons skuldenaars vergewe, maw, die wat teen ons sondig.

Hoe kom vergifnes?
Alleenlik deur berou, as iemand jou vergifnes vra en hy het berou dan is dit jou Christelike pleg om hom te vergewe soos God ons vergewe om nooit weer na daai sonde te wys nie.

Dit bring my by die vraag, mense vergewe moordenaars en skelms links en regs wat nooit vergifnes vra vir hulle sondes nie en ook nooit berou daaroor het nie.
Is daai persoon nou vergewe wat gemoor het of is die persoon wat die vergewing doen se gewete net gesus omdat hy die Christelike ding gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.