Gedagte vir die dag: Bestem om heilig te wees

geluk_uitgestrekte-arms_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig”. (1 Petrus 1:16)

Ons moet onsself voortdurend herinner aan die doel van die lewe. Ons is nie bestem vir geluk of gesondheid nie, maar vir heiligheid. Die mens van vandag het heeltemal te veel begeertes en belange waardeur sy lewe verteer en verkwis word. Baie daarvan mag goed en reg en edel wees, en kan dalk later in vervulling gaan, maar intussen moet God die belangrikheid daarvan laat verminder. Al wat werklik van belang is, is of ’n persoon dié God sal aanvaar wat hom sal heilig maak. ’n Mens moet in die regte verhouding met God wees, al kos dit wat.

Glo ek dat ek heilig behoort te wees? Glo ek dat God in my kan inkom en my kan heilig maak? As iemand my deur sy prediking oortuig dat ek onheilig is, kry ek ’n afkeer van daardie prediking. Die prediking van die evangelie werk ’n diepe afkeer omdat dit ontwerp is om my onheiligheid te ontbloot, maar dit werk ook ’n intense verlange en begeerte binne my. God het maar een vooropgestelde bestemming vir die mensdom: heiligheid. Sy enigste doel is om heiliges voort te bring. God is nie ’n ewige “wensfontein” wat daar is vir die mens om tot sy seën te gebruik nie. Hy het ons ook nie verlos omdat Hy vir ons jammer was nie, Hy het ons verlos omdat Hy ons geskape het om heilig te wees. Versoening deur die kruis van Christus beteken dat God my kan herstel tot perfekte eenheid met Hom deur die dood van Jesus Christus, sonder dat die geringste iets nog tussen ons kan staan.

Moet nooit uit simpatie teenoor jouself of iemand anders enige praktyk verdra wat nie strook met die heilige God nie. Heiligheid beteken ’n absolute rein wandel voor God. Die woorde wat uit jou mond kom, die gedagtes wat in jou hart is, elke detail van jou lewe moet noukeurig deur God self ondersoek word. Heiligheid is nie slegs dit wat God my gee nie, maar die weerspieëling in my lewe van dit wat God my gegee hét.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Nou hoe word ‘n mens “heilig”?………Ek’t nog nooit ‘n heilige ou raak geloop in my lewe nie. Dra jy ‘n kroontjie, loop jy anders, kyk jy die lewe reguit aan?

Snaaks dat die Hebreeuse woord “heilig” vertaal word as “apart”. Vra my, ek ken letterlik duisende mense wat “apart” wil lewe, nie met die wêreld se “nuutgevonde naastes” wil meng nie. Gewoon maar ‘n kommentaar hierbo wat reg uit die kraal van die “Baalpriesters” se handboek en sedige preke geneem is……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.