Gedagte vir die dag: Bestem om te ly en te sterf

gesprekke-met-God

Foto: Argief

Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem toe gaan. Daar moet Hy baie ly onder die familiehoofde, die leierpriesters en die skrifkenners, en doodgemaak word, maar God sal Hom op die derde dag weer lewendig maak. (Matteus 16:21)

Petrus se woorde was skaars koud toe Jesus formeel sy lydensweg aangekondig het. En Hy het dit nie net een keer gedoen nie – “van toe af” het hulle dit gereeld gehoor. Dit was nodig dat dié boodskap by hulle ingeprent moes word. Petrus het onmiddellik daarteen in opstand gekom. Hy en sy makkers het Jesus as ʼn glorieryke koning gesien, nie ʼn lydende swakkeling nie. In die volgende verse het Jesus selfs vir Petrus ʼn satan, ʼn teenstander, genoem juis omdat hy hom nie met Jesus se lydensweg wou vereenselwig nie.

Jesus noem drie dinge wat met Hom in Jerusalem sal gebeur. Hy sal baie moet ly; Hy sal doodgemaak word, en Hy sal op die derde dag weer uit die dood opstaan. Ek reken dat hierdie aankondiging so ietwat bo die dissipels se begripsvermoë was. Hulle sou eers baie later verstaan wat Jesus bedoel het.

Ons moet ook waak daarteen om te veel vas te hou aan die “goeie” Jesusbeeld. Ons moet onthou dat Jesus se hoofdoel was om in ons plek te ly en te sterf.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet ·

Waarom is die meeste skrywes oor Godsdiens sonder n skrywe se naam? Bang, skaam?

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Die skrywer se naam volg telkens onderaan die brokkies.
In hierdie geval is dit Johan Smit en dit kom uit sy boek, “By waters van rus”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anoniem ·

Liewe Piet, die skrywer se naam word onder aan die gedagte vir die dag gemeld, nie bo-aan soos wat ons andersins gewoond is nie. Bogenoemde gedeelte is ‘n uittreksel uit “By waters van rus” deur Johan Smit.

John ·

Ophou vashou aan die ‘goeie’-Jesus-beeld…? Om vir ons sondes te sterf is die mees goedhartigste daad ooit in die geskiedenis van die mensdom anders was ons gedoem. Nee, oom dominee!

sue-ann ·

Ek dink Piet bedoel die mense wat kommentaar lewer gebruik name soos woordeloos en anoniem. Ipv hulle name

AG ·

Jesus het omgedraai en vir Petrus gese “gaan weg agter my satan” want Jesus het met satan gepraat.
God is goed en Jesus is God in die vlees. Jesus is goed en daarom KAN ons vashou aan HOM die Leidsman en Voleinder van ons geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.