Gedagte vir die dag: Betroubare lig

Foto: pixabay.com

Hy wat die betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld. (Johannes 1:9)

Die Evangelie van Johannes sê vir ons dat Jesus die lig is wat “skyn in die duisternis” en “die duisternis het dit nie uitgedoof nie!” (Johannes 1:5). En Jesus het Jesaja se profesie vervul: “Die volk wat in die donker sit, het ’n helder lig gesien. En vir dié in die skemerland van die dood – vir hulle het ’n lig opgegaan” (Matteus 4:16).

Ek hou baie van Johannes 1:9, wat sê dat Jesus gekom het as die lig “wat elke mens verlig”. Ek dink dit weerspieël die feit dat alle mense deur die geskiedenis gebaat het by Christus se verlossende lewe en dood – selfs dié wat Hom verwerp het. Die model van Christus, sy genade en waarheid, sy verhoging van vroue en versoenende woorde, het ’n verwysingspunt geskep om groter vryheid en menseregte mee te bring vir baie samelewings deur die geskiedenis heen.

Met verloop van die eeue neem die bewyse toe dat Jesus die invloedrykste lewe is wat nog ooit op hierdie planeet gelewe het. – Kenneth Latourette

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.