Gedagte vir die dag: Betroubare woorde

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit is ’n betroubare woord. (2 Timoteus 2:11)

Paulus het baie betroubare woorde: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos (1 Tim. 1:15); om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde (1 Tim. 4:8); as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer (2 Tim. 2:12). So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag (Tit. 3:7).

Daar is ’n verband tussen hierdie woorde. Die eerste lê die fondament vir ons ewige verlossing. Die tweede bevestig die dubbele seën wat ons ontvang deur hierdie verlossing. Die derde wys vir ons ons plig teenoor God, en die vierde stuur ons om Christelike diens te verrig. Koester hierdie betroubare woorde. Laat dit jou lewe lei, jou vertroos en jou leer.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.