Gedagte vir die dag: Bevestiging

gelukkige Kinders_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: pixabay.com)

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. (Genesis 1:27, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Toe God jou geskep het, het Hy jou gemaak vir ’n spesifieke doel en rede: om sy heerlikheid en eienskappe te weerspieël. As jy sukkel met ontmoediging, onthou net dat jy na God se beeld gemaak is.

Maak vandag tyd om na te dink oor God se eienskappe. Jy het self baie van hierdie eienskappe. Weerspieël jy dit teenoor ander?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.