Gedagte vir die dag: Bevraagteken jou vermoëns?

Moerbeiboom_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (Filippense 2:13)

Indien jy aanvaar dat jy ’n mislukking is, hou op om omstandighede die skuld te gee. Maak ’n eerlike waardebepaling van jou vermoëns en jou gesindheid teenoor die lewe. Jy kan miskien ontdek dat jy gekniehalter word deur selfbejammering oor kanse wat jy nie in die lewe gehad het nie.

Vra God om jou deur sy Gees by te staan met hierdie selfontleding. Hy sal nie alleen jou swakhede aan jou openbaar nie, maar ook vir jou aantoon wat jy kan word as jy aan God die geleentheid gee om deur jou te werk.

Toegewyde en suksesvolle diens is nie slegs vir daardie gelukkige mense wat spesiale gawes ontvang het nie. Elkeen wat gewillig is en wat die wil van die Vader doen, word deur Hom gebruik.

Heilige Leermeester, help my om te leef vir u goedkeuring en nie vir die lof van mense nie. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

GL ·

Dankie vir alles Vader. ek kort niks en is tevrede vir dit wat U my gee.Amen.

Hallelujah ·

Dankie my Vader vir als wat U vir ons gee. Ons dank U op ons knieee. Dankie vir nog ‘n dag, vir lig. Dankie vir asem. Amen.

christine ·

Heer leer my om net te weet U sal ons nooit verlaat , en ons wegstoot nie.AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.