Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart

hart_wolk_liefde.jpg

Argieffoto

Wat by die mond uitkom, kom uit  die hart, en dit is die dinge wat  die mense onrein maak. (Matt 15:18)

Wat maak ons onrein? Is dit die uiterlike sonde wat ons doen? Ons kan baie maklik uiterlike sonde uitlig: Onthou jy baie lank terug was denims sonde? Onthou jy daar was ’n tyd toe vroue nie grimering mag gedra het nie? Dit was die uiterlike goed waarop die kerk gehamer het. Dit was volgens die kerk alles sonde. Tog sê Jesus dit is nie die uiterlike goed nie, maar alles wat in die hart aangaan. Uit die hart kom owerspel, moord, leuens, aggressie, ’n geskinder … Die hart is die oorsprong van alles.

Dit is dus nie uiterlike dinge, soos jou kleredrag, wat jou onrein maak nie. Dit wat jou onrein maak, is dit wat in jou hart is. Ons spandeer duisende rande om ons huis te bewaar, ons spandeer baie geld aan medies om ons gesondheid te bewaar. Is dit nie tyd dat ons alles bestee om ons hart te bewaar nie?

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.