Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart

sonsopkoms-man-wat-bid

Foto: http://living365withjesus.wordpress.com/

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (Matt 12:34)

’n Baie belangrike manier om jou tong te beheer, is om te beheer wat in jou hart en in jou denke is.

Ons probleem is baie keer eerder dit wat in ons gedagtes en in ons harte ingaan. As jy dus jou hart en gedagtes met ’n klomp vloekwoorde vul, wat dink jy gaan by jou mond uitkom die volgende keer wanneer jy skrik? Alles wat reeds binne-in jou hart is. As jy gewelddadige flieks kyk en dit is die een skurwe woord na die ander, wat dink jy gaan by jou mond uitkom as jy kwaad is? Dit wat jy in jou gedagtes, in jou hart ingesit het.

Dit is goed om die Here te vra om ’n wag voor jou mond te sit om dit wat uitkom te beheer, maar dit is ook goed om ’n wag te hê wat dít wat ingaan, kan monitor.

Ek moet my hart en denke vul met die lewende woord van God en alles wat goed en opbouend is.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

esme van dyk ·

Baie dankie vir die sielsgedagte ek waardeer dit opreg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.