Gedagte vir die dag: Bewaar van struikeling

hout_kruis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy is magtig om julle van struikeling te bewaar. (Judas vers 24)

Op ’n manier is die pad hemel toe baie veilig. Maar in ’n ander sin is dit die gevaarlikste pad waarop jy kan reis. Dit is vol hindernisse. Een verkeerde tree (en hoe maklik is dit nie om dit te gee as die genade nie met ons is nie) en ons val.

As ons hemelse Vader ons nie vasgehou het nie, sou ons gou struikel. Ons het ook baie vyande wat ons probeer pootjie of ons oor die krans probeer gooi. Net ’n almagtige arm kan ons red van hierdie onsigbare vyande wat daarop uit is om ons te vernietig. Ons het só ’n arm wat beskikbaar is vir ons verdediging. Hy het belowe om getrou te wees. Hy is heeltemal in staat daartoe om te keer dat ons val.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.