Gedagte vir die dag: Bewus van jou doel

foto-brendon-staniforth_stiltetyd.jpg

Foto: Brendon Staniforth

Hulle by wie op klipperige grond gesaai is, is die mense wat die boodskap hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Maar hulle wortels gaan nie diep nie en hulle hou net vir ’n rukkie. Sodra daar swaarkry of vervolging ter wille van die boodskap kom, struikel hulle in hulle geloof. (Matteus 13:20-21)

Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. Psalm 51:14

Hulle by wie daar diepte kortkom, het nie plek waar die saad van God se Woord kan groei nie. Sonder daardie diepte sal die warm son van vervolging of moeilikhede hulle geloof laat verlep. Hulle bewustheid van hulle doel sal afneem, en hulle verhouding met God sal daaronder ly.

Wanneer jou verhouding met God verdiep, groei jou entoesiasme vir jou taak en floreer dit onder God se sorg en voorsiening. Die beste manier om jou motivering te laat toeneem, is om aandag te gee aan jou verhouding met God.

Het jy alle motivering verloor? Hoe diep is jou verhouding met God?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.