Gedagte vir die dag: Bewys jou geloof met jou lewe

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Liewe broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. (2 Petrus 1:10, 2006-NLV)

Vir Petrus is dit baie belangrik dat Christene hulle geloof met hul lewens sal bewys.

Dit kom egter nie sommer vanself nie, jy sal jou moet inspan om dit reg te kry, want teen hierdie tyd weet jy al dat alle mense geprogrammeer is om juis dié dinge te doen wat hulle nie wil doen nie. Gaan kyk maar wat Paulus in Romeine 7:15-24 skryf: Die goeie wat hy wil doen, doen hy nie, maar die slegte wat hy nie wil doen nie, juis dit doen hy. Petrus skryf aan sy lesers dat hy al aan die einde van sy lewe is. Hy moedig hulle aan om by die waarheid te bly, die waarheid te doen en in hulle geloof te groei.

As jy jou eie geloof werklik ernstig opneem, sal jy jou bes doen om soos ’n Christen te leef. Indien jy al voorheen misluk het, vra die Heilige Gees om dit vir jou moontlik te maak.

Heilige Gees, ek wil graag so leef dat dit vir almal duidelik sal wees dat ek aan U behoort. Help my asseblief daarmee. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blydskap ·

Om in God te glo is famtasties ek glo in God Die Almagtige Skepper van die heelal.
Ons kry baie swaar wat finasies aan betref daar gaan maande verby wat ons skaars kos het maar ek glo Die Here sal voorsien en dit gebeur werklik ons kry Manna uit die Hemel uit Dankie my God daarvoor ???

Loretta ·

Prys die Naam van die Here, Die Raadsman ,Voleinder,Man van Smarte,Jesus van Golgota!!
Laat Hy geloof en geprys word wat wonders doen in ons lewens,wat by mens ontmoonlik is by God alles moontlik.Haleluja,God van Genade. Amen!!

Al ·

Prys U Naam! Koning van alle konings en heerser van alle heersers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.