Gedagte vir die dag: Bid deur die Gees 

man_waterstroom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle al lerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. (Jud vers 20)

Ek het een jaar vir die Comrades ingeskryf, saam met vyftien duisend ander atlete. Al ons vriende en ondersteuners het ons aangemoedig toe ons Pietermaritzburg agter ons gelaat het. In daardie stadium het dit vir my gevoel ek kan die hele dag hardloop. Ek het nie eens na asem gehyg nie. Toe ons by Drummond kom, ongeveer die halfpadmerk, het die son op my neergebak. Ek was in die agterste bondel. Die skare het al hoe kleiner geraak, en baie van ons ondersteuners het óf in Durban op ons gewag óf huis toe gegaan. Dit was ’n eentonige tyd, die tyd toe ons moes volhard om die prys te ontvang wat aan die einde van die wedloop op ons gewag het.

Ook in die lewe moet ons kan volhard. In Filippense 3:12 sê die apostel Paulus: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.”

Is jy vandag afgemat? Worstel jy met ’n siekte? Is jy moedeloos omdat jy nie werk kry nie? Sukkel jy met finansiële skuld of opstandige kinders? Dit is die tyd waarin jy moet voortgaan om jou lewe op jou geloof te bou en deur die krag van die Gees moet bid. Hy sal vir jou sy krag gee om te volhard en die rykdom van God te ontvang.

Heilige Gees, ek bid vandag tot U. Gee vir my die krag om te volhard. Help my om vas te hou aan my geloof sodat ek die rykdom van God sal ontvang. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maria ·

Amen ! myne reeds ontvang deur moeiliktyd en dankie Here dit lekker om Here te dien en te ken x

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.