Gedagte vir die dag:  Bid en glo

Bid_hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dank baar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tess 5:16-18)           

Die kaptein van ’n skip, self ’n Christen, vertel die volgende verhaal oor George Müller. Hulle was op pad na Newfound land, waar George ’n afspraak gehad het. Die skip het volstoom voortgeseil. Skielik is die enjins afgeskakel en die skip het tot stilstand gekom. Dik mis het om hulle neergesak. Die kaptein was op die brug met sy verkyker, op soek na ysberge. George Müller het na hom toe gekom en gevra: “Kaptein, is daar ’n probleem?”

“Ja, ons kan nie sien waar ons vaar nie. Ons kan ’n ysberg tref.”

“Kaptein, ek was nog nooit in my lewe laat vir ’n afspraak nie. Het jy al tot die Here hieroor gebid?” Hulle het na die kajuit gestap en George het begin bid: “Vader, ek was nog nooit laat vir een van u afsprake nie. Ek moet môremiddag in Newfoundland wees. Here, ek vra U nou om die mis buite te laat opklaar en ek sê vir U dankie dat dit reeds gebeur het. Amen.”

Voordat die kaptein kon begin bid, het hy ’n tikkie op sy skouer gevoel. “Kaptein, jy hoef nie te bid nie. Eerstens, jy glo nie dat dit sal gebeur nie en tweedens, die mis is reeds weg. Kom ons gaan.”

Toe hulle uitstap, was dit ’n helder aand. Die sterre het geskyn. Die mis was weg. Nodeloos om te sê, George Müller was nie laat vir sy afspraak nie!

Here, gee vir my die geloof van ’n kind en van mense soos George Müller. Dankie dat ek kan glo dat U sal doen wat vir my die beste is wanneer ek my behoeftes voor U neerlê.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Agie ·

Amen
God het nog nooit verander nie. EK IS. Vandag is Hy steeds gereed om op ons gebede wonders te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.