Gedagte vir die dag: Bid en verander

plaasdam.jpg

Argieffoto

Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat my gestuur het. (Luk 10:2, 16)

’n Snaakse ding gebeur wanneer ek tot die “Here aan wie die oes behoort” bid om arbeiders uit te stuur. Ék raak diep in my gees ook oes-gefokus. Hoe meer ek bid, hoe meer gaan my oë oop vir die groot oes rondom my.

Ons is van kleins af geleer om op onsself te fokus, maar Jesus stel hierdie verdraaide fokus reg. Daar is niks beters as om te kyk en te sien soos Jesus kyk en sien nie. Dit bring ’n diepte en krag in ons lewens wat begin wys in ons waardestelsel. Op hierdie manier word doodgewone lewens betekenisvolle – selfs legendariese – lewens in God se oë.

Here-aan-wie-die-oes-behoort, open my oë vir dit wat U sien. Verhef my siel om die groter prentjie te sien in plaas van net hier in die stof te krap. Mobiliseer my om te doen wat U wil hê ek moet doen.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CP ·

Ek wil graag net baie dankie sê vir elk oggend se gedagte van die dag. Ek put ongelooflike baie pitkos hieruit en gee jou nuwe persepsie vir die dag wat voorlê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.