Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. (Filippense 4:6, Die Boodskap)
Waarom bid jy? Bid jy omdat dit jou help om minder skuldig te voel? Bid jy omdat jy glo dat, ás jy bid, jy darem God se arm sou kon draai om jou met ’n paar dinge te help? Of bid jy omdat dit vir jou lekker is?
CS Lewis was eens op ’n tyd ook met hierdie vraag gekonfronteer. In ’n tyd toe hy probeer sin maak het van sy vrou se siekte en dag na dag by haar gesit en bid het, het ’n vriend hom op ’n dag direk gevra: “Waarom hou jy aan bid? God moes tog sekerlik al jou gebede beantwoord het?” Waar op Lewis antwoord: “Ek bid nie omdat my gebede God verander nie. Ek bid om dat dit mý verander.”
Wanneer ons voor God stil word, sommer net sy by-ons-wees inasem en dit geniet, verander dit nie God nie. Dit verander ook nie noodwendig ons omstandighede nie. Maar iets wonderliks gebeur: óns word rustiger; óns ervaar ’n stuk vrede; óns voel stilgelukkig in sy teenwoordigheid … ons is tevrede in sy hier wees.
Maak sommer nou jou oë toe en ervaar hoe God by jou kom sit, jou met sy liefde toevou … jou met Homself bederf …
Die begin en einde van gebed is om by God te wees net soos jy is en voel. Om te wees … te wag … te weet: Hy’s by jou.
Hoe sag is die vrede van by-U-wees, Vader. Hoe sag is U.
DANKIE VREESLIK SO FANTASTIES OM DIE NUUS TE LEES
Awesome God! Halleluja