Gedagte vir die dag: Bid jou “dankies”

bid_hande_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. (Matteus 7:7)

“Hoekom moet ons bid as God in elk geval weet wat ons nodig het?” vra iemand op ’n keer.

Dié vraag het my ’n oomblik lank onkant betrap. Ek het nie geweet dis iets waaroor ander mense ook dink nie …

Ons kry herhaaldelik die opdrag om te bid. Nie bloot elke Sondag in die kerk of net voordat ons gaan slaap nie, maar gedurig. Paulus skryf selfs: “Bid sonder ophou” (1 Tess 5:17 – 1933/1953-vertaling).

God weet wat ons nodig het, ja. Maar Hy vra steeds van ons om in gebed met Hom te praat. Hy, ons liefdevolle en genadige Vader, nooi ons uit om dinge van Hom te vra. Jesus sê: “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word” (Matt 7:7).

Gebed is egter meer as ’n lysie versoeke wat ons tot God rig.

Die ou kerkvaders reken dat gebed die “vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis” (Heidelbergse Kategismus, Vraag en Antwoord 116).

Gebed is die gepaste reaksie op God se liefde en genade vir ons. Dis die uitvloeisel van ’n lewe wat in dankbaarheid geleef word. Maar gebed is terselfdertyd ’n manier om die dankbaarheid in ons te laat toeneem.

In gebed ontdek ons dat die Woord die waarheid is. Ons ontdek God as die Een wat ons uitnooi om ons versoeke aan Hom te rig, wat sy genade en sy Heilige Gees aan ons gee.En die Gees wat gedurig met versugtinge tot die Vader bid, pleit namens ons. God is ’n Vader wat ons gebede ter wille van Jesus Christus verhoor, al verdien ons dit nie.

As ons die Bybelse opdrag om gedurig te bid ernstig opneem, sal ons ook die dieper waarheid daarin herken: Gebed gee ons die geleentheid om ons innige “dankies” voor God te bring, ál ons dankie-sê vir sy genade en liefde en alles wat daarmee gepaardgaan.

Ons sal ontdek dat “bid sonder ophou” ook “dankie sê sonder ophou” beteken.

Here, dankie dat ek met vrymoedigheid my gebede tot U kan rig. Dankie dat U my ook daarmee help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lena Jonk ·

Waarlik as ons daaraan sou dink om God vir al die vreugde wat Hy ons skenk te dank, sou daar nog tyd oorbly om te kla. n Christen is iemand met n dankbare hart.

Flemming ·

Is ‘n Loflied, al is dit alleen in jou motor, nie ook ‘n dankbaarheidsgebed nie ?

Goed ·

Dit is vir seker. Al die lof en eer en heerlikheid aan ons Here Jesus, tot in eewigheid. Amen

Kornel ·

Bid is n wonderlike manier om met ons Vader te kan gesels. Dis vir my soos wanneer my kinders met my gesels, dit lekker. Lof en Prys aan Onse Vader. Amen

Genieve ·

Bid is n oproep tot God dankie Here vir so n voorreg wat ek om tot U te kan bid.

Kraai ·

Amen, aan almal se boodskappies. God slaap nooit.
Geseend is almal wat nog in God glo.

LK ·

Dankie Vader dat ons die voorreg het om SELF met U te praat. Ons het nie nodig om deur iemand na U te gaan nie. U is ALTYD daar vir ons 24/7. Ons het nie eers nodig om ‘n afspraak te maak nie. Dankie, dankie Vader

charmaine ·

Wow!! mooi artikel en ek kan getuig so waar. Sodra ons in dankbaarheid leef en bid kom ons agter dat ons gebede veseker gehoor word en ons moet in daai oomblik leef en besef jy het gevra God het geantwoord en daarvoor moet ons dankbaar wees, dankbaar dat ons gebede verhoor word. Ek het so baie om voor dankbaar te wees ek benut elke minuut wat ek kan om net dankie te se vir wat God vir my doen op die regte tye..Dankbaarheid kan n mens ver bring maar ek het ook agtergekom om dit hardop te se het ook krag..van my lippe na God se oor weet ek dat hy my gebede en my dankbaarheid hoor. Amen

Maria ·

Plaas om heeltyd selfde onderwerp te vra , se eerder “dankie” prys Hom ” dat ek reeds ontvang het en verhoor word in GOD se wil en tyd. Ek het iewers in bybels vers gesien wat se duidelik om nie te heeltyd herhaal nie asof jy ontgeloof is want Here is nie doof nie.
Dankie Here dat my gebede verhoor is en reeds ontvang amen!

Summie ·

AMEN – God seën Afrika ! Ons leef is sulke afahanklikheid van God, dat ons nie anders kan as om tot Hom te bid nie. Ek pleit by Hom om ons genadig te wees in hierdie land, sodat ons weer ‘n veilige land kan wees ens. Hy hoor ons gebede en sal op Sy tyd dinge verander en laat beter word, ons moet net aanhou glo en BID !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.