Gedagte vir die dag:  Bid nederig          

Bid_hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. (2 Kronieke 7:14)

Ja, die God wat die see in die holte van sy hand hou; die God wat hierdie swaar bol aarde makliker in sy baan hou as wat jy kinders se rubberballetjie aan ’n toutjie kan swaai; die God wat die sterre en planete met  onwankelbare akkuraatheid in hulle bane hou; die God van Sinai en van Horeb; die God wat die hemel geskep, die duiwel oorwin en dooies weer lewendig maak – is dieselfde God wat vir my en jou sê: As jy vra, sal Ek dit doen. ~ James McConkey

Here God, help ons om tot U te nader, na U te luister en van U te leer. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lena Jonk ·

Ja ek het ook al hoeveel kere gese. As SA nederig word en ons Almagtige God weer aanbid soos in die verlede sal Hy die land weer red. Dis net skokkend om te sien hoeveel mense nou teen Hom draai, hoe kan die kinders dan van Hom leer as ouers teen God draai. Laat ons wie in Hom glo asb aanhou bid, asook bid vir die afvalliges en vyande dat daar n inkeer sal kom. Die Genade is so vrylik beskikbaar, neem dit aan die tyd word kort.

Kornel ·

Wonderlik Groot is ons Vader. Amen
Al die Lof en Reer aan U.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.