Gedagte vir die dag: Bid sonder ophou

hande-in-gebed

Foto: Argief.

Bid gedurig. (1 Tessalonisense 5:17)

Vul jou dag met gebed. Begin in die oggend met stiltetyd. Jy het nie ure daarvoor nodig nie, wees net elke dag vir ’n paar minute alleen met jou Vader in die hemel en gee jou dag oor aan Hom. Voordat jy jou motor aanskakel om te ry, sluit jou oë en buig jou kop. ‘Ek, die Here, stuur ’n engel voor jou uit,’ sê die Here vir sy volk Israel, ‘om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het’ (Eks 23:20). God is saam met jou op reis. Alles wat jy vandag gaan doen, doen jy in sy teen­woordigheid. Maak seker dat alles binne sy wil is.

‘As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs,’ sê Salomo in Psalm 127:1–2. ‘As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ’n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet gee die Here dit in hulle slaap.’

Wees rustig. Die Here hoor elke woord wat jy vir Hom sê. ‘Ek het ’n skiet­gebed opgestuur na die God van die hemel en toe vir die koning gesê …’ vertel Nehemia voor hy koning Artasasta van Persië se verlof gevra het om sy volk te gaan help om die mure van Jerusalem weer op te bou (lees Nehemia 2:1–10).

God hoor ons skietgebedjies – in die hysbak, voor jou bestuurder se toe kantoordeur of in die tandarts se wagkamer. Plek en tyd is nie van toepassing nie. Bid gerus in die restaurant of hotel se eetkamer. Bid op die lughawe en in die hospitaal. Jy hoef nie soos ’n Fariseër al die aandag op jou te vestig nie, maar wandel heeldag hand aan hand met Jesus en jou dag sal voor jou oopvou soos ’n roos.

Here, vannag kan ek soos Dawid sê: ‘Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon’ (Ps 4:9).

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ina Vogel ·

Baie dankie vir vandag se woord. Dit is ‘n plesier om Maroela Media pop te maak en my geloof en kultuur daarin te vind.
Dankie dat julle vir ons ‘n huis bied waarheen ons kan kom.
Ina Vogel

Phillip ·

dankie Here Ons drie Enige God U leef en die Heilige gees is by ons om ons in ons

SNEL ·

Amen op al die gebede. Dankie Maroela vir die pragtige dagstukkie.

Martin ·

Elke dag se dagstukkie is soos voedsel vir die siel. Baie dankie daarvoor, Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.