Gedagte vir die dag: Bid vir wysheid

foto-man-wat-kniel-bidAs een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. (Jak 1:5) 

Hoe word ’n mens wys? Jy bid daarvoor. Jy vra vir die Here om ’n wag voor jou mond te sit, om ’n wag voor jou emosies te sit, om jou te leer om met wysheid te kommunikeer teenoor almal met wie jy te doen het. Jy vra die Here om jou te help om nie ooremosioneel te wees of roekeloos met die waarheid om te gaan nie. Jy kan nie net blindelings ’n besluit neem of in ’n situasie instorm nie. Al vat dit weke of maande of jare in gebed voordat jy optree, wag vir ’n antwoord van die Here.

Hier is iets om te probeer: Bid vir ’n week lank vir wyse woorde en plaas dan daadwerklik ’n wag voor jou mond. Ek kan jou verseker dat jy en jou woordeskat binne ’n week gaan verander.

Bid vir geduld en vra God om jou te help om werklik te luister wat ander mense vir jou sê. Laat die Here toe om jou in elke situasie te lei.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.