Gedagte vir die dag: Blaam is verbode as jy vreugde wil ken

Reenboog_natuur_uganda_Stiltetyd_Marco-Brits.jpeg

Foto: Apoka Lodge, Uganda (Marco Brits)

Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. (Kolossense 3:12)

Ek lees in ’n studie dat sommige droogmakers graag ’n omgekeerde spel van blaam speel. Dit werk min of meer as volg:

  1. Hulle maak droog.
  2. Hulle kies dadelik vir ’n martelaarsrol om die fokus weg vanaf hulle eie droogmakery te verskuif.
  3. Hulle gebruik skuldgevoelens om ander mense te blameer wat hulle in die steek sou gelaat het. Godsdienstige oortreders wat hierdie spel speel, gebruik boonop daardie gerieflike “geenoordeel-kaart” deur te beweer dat mense wat ongemaklik is met hulle oortredings eintlik geen genade met hulle het nie. Sulke blaamspeletjies is dodelik. Ons moet dus nie te verbaas wees dat godsdienstiges dit speel nie.

Adam en Eva het juis met blaam afgeskop toe hulle uitgevang is. Toe sê Adam dis Eva se skuld, en Eva sê dis die slang se skuld, en hyself het nie eens ’n voet gehad om op te staan nie. Die moeilike maar regte roete om nie te blameer nie is om verantwoordelikheid vir ons eie lewe en ons optrede voor God en tussen ander mense te aanvaar. Dis die regte roete wat God bly maak. Dan is ons nie besig om fout te vind by ander terwyl ons onsself probeer verontskuldig nie. So ’n lewensroete is gevaarlik, want dit verander ons in foutlose wesens terwyl al mal rondom ons droogmakers is. Daar’s geen vreugde in so ’n leef wyse nie. Dit dra nie God se goedkeuring weg om so blamerend te leef nie. Om God se hart bly te maak, is om verantwoordelikheid vir al ons doen en late te aanvaar. Dan kan Hy en ander ons maklik vryspreek. Dan kan ons aan die hand van die Here se ruim en onverdiende genade altyd oor en voor met onsself en met ander mense begin.

Bron:
Blydskap wat bly deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HPV ·

Met respek gesê, die stukkie pas die huidige regime soos ‘n vuis op ‘n oog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.