Gedagte vir die dag: Bly altyd vol moed

plant_plaas_landery_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee. Daarom is ons altyd vol moed. Ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. (2 Kor 5:5-7)    

Dit was ’n pragtige, koel, reënerige dag. Ons moes die landerye ploeg en vir die saad voorberei. Ons moes volhard, want die grond was modderig en taai, en die trekker het gesukkel omdat die modder vinnig om die ploeg gekoek het. Ons het vol moed gebly, want ons het geweet wat voorlê – ’n oorvloedige oes.

Ons het geploeg en geplant, al was dit harde werk. Ons het volhard omdat ons werk die deposito was op die oes wat ons op die ou end sou ontvang, al kon ons dit nog nie sien nie. Ons het in geloof geploeg en geplant.

Bly jy vol moed in die lewe? Het jy die krag van die Heilige Gees nodig om deur jou beproewings te kom? Het jy die Gees nodig om jou te herinner aan wat vir jou wag? Jy het die Gees van God ontvang as ’n deposito, ’n waarborg, van wat vir jou wag – die ewige lewe. Vra die Gees en Hy sal vir jou die moed en die krag gee om jou wedloop hier op aarde te voltooi.

Die begin van hierdie wedloop is maklik. Dit is die volharding wat moeilik is. God het vir ons sy Gees gegee om ons te help om die wedloop enduit te hardloop sodat ons kan ontvang wat Hy vir ons in bewaring hou.

Gees van God, ek vra U vandag om vir my moed te gee sodat ek die wedloop kan voltooi. Dankie dat U die waarborg is van wat ek sal ontvang – die ewige lewe. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Von ·

Genadige Heer dankievir die Heilge Gees wat my versterk en leer..ek prys en jubel in Jesus se naam…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.